Profetiese Kunswerkswinkel – God is Liefde. Hy is die Lig.

    Saterdag die 15de Februarie 2020, het ons, ons eerste werkswinkel aangebied.

    Ons is so dankbaar aan die Here dat Hy vir ons hierdie pragtige dames op ons pad gestuur het.

    Dit was ‘n heerlike, rustige dag. En so tussendeur die geskilder, was almal ook bederf met ‘n hande-massering deur Rochelle van Ashes to Beauty – The Authentic You.

    Almal se skilderye het so pragtig uitgekom! Uniek aan hul eie, net soos God ons elkeen uniek geskape het. 

    Onthou: nes die maan, lig in die nag vir ons verskaf. Net so is Jesus altyd die lig in die donker! Kyk net op, hou vas, en glo!



     

    Leave a Reply